Home   

BESTELLINGS

Kies die foto nommer(s) waarin jy belangstel en stuur aan info@grandstandimages.co.za met jou naam en e-pos adres. Ons sal 'n Bestelvorm, Kwotasie en Lisensie-opsies aanstuur.

Vir algemene navrae kontak John Donaldson by 082 590 6539.

TER INLEIDING

Grandstand Images cc bied 'n digitale argief, foto-agentskapdienste en foto's aan media, korporatiewe instansies en die publiek. Ons databasis word gereeld  bygewerk en bevat tans meer as 20 000 foto's van alle uithoeke van Suid Afrika asook Suid-Afrikaanse sport. Die argief bevat ook historiese fotoversamelings van sosio-politieke gebeure sedert die 1970s deur van die land se top nuusfotograwe.

Kliente van www.grandstand.co.za sal in die toekoms kan registreer op hierdie werf en self foto's aflaai.

 

Die hoofkategoriee bied die volgende:

MAIN EVENT

Hierdie kategorie sal in 2010 foto's bied van die sokker Wereldbekertoernooi. Fotos in-en-om die stadia en verwante aktiwiteite sal gedek word.

SPELERS (PLAYERS)

Foto's van Suid-Afrikaanse sokkerspelers van 1992 tot op hede.

INTERNASIONAAL (INTERNATIONAL)

Wedstryde en toernooie waaraan die nasionale sokkerspan, Bafana Bafana, deelgeneem het sedert 1992 tot op hede.

STADIONS (STADIUMS)

Die belangrikste sportstadions in die land, insluitende foto's van die nuwe en opgegradeerde Wereldbekerstadions vanaf konstruksiefase tot voltooiing.

NUUS (NEWS EVENTS)

Perskonferensies en mediageleenthede, veral ten opsigte van die sokker Wereldbeker.

SUID-AFRIKA (SOUTH AFRICA)

Foto's van Suid-Afrika is verdeel in twee kategoriee: Cities (stede) en Provinces (die 9 provinsies). Hierdie kategorie bevat foto's vanaf plekke van historiese belang tot landskappe.

GALLERY

Gallery bevat foto's oor verskillende onderwerpe en temas.

SA ARGIEF (SA ARCHIVE)

Politieke en ander gebeurtenisse relevant tot die geskiedenis van Suid Afrika en Suider-Afrika.

SPORT ARGIEF (SPORT ARCHIVE)

Belangrike sportgebeurtenisse in Suid-Afrika aangebied oor die laaste drie dekades, veral rugby, sokker en krieket.

 


MEDIA DIENSTE

Ons netwerk van fotograwe sluit in spesialiste in nuus, sport, ateljee, landskap en kuns. Fotograwe doen opdragwerk op kort kennisgewing in die ganse Suider-Afrika.

Ons bied ook skryf- en vertaaldienste in Engels, Frans, Spaans, Duits en Afrikaans aan.

Vir meer inligting oor ons Media Dienste rig e-pos aan: info@grandstandimages.co.za.

LISENSIE-INLIGTING

Die beskikbare opsies is Redaksionele gebruik, Beheerde regte en Outeursaandeelvrye regte. Ons lisensiebeleid en lisensieregte sal aan kliente uitgereik word sodra ons 'n Bestelvorm ontvang het (sien Contact Us).

PRIVAATHEIDSBELEID

Ons gebruik te alle tye jou oorspronklike e-pos adres om korrespondensie te beantwoord. Jou e-pos adres word vir geen ander doel aangewend nie en word nie aan enige ander partye beskikbaar gestel nie. Ons maak geen kliente-inligting aan ander partye bekend nie, behalwe wanneer dit nodig is om 'n bestelling te voltooi.

 

2010 World Cup Photos | South Africa Photos | Rugby Photos | Cricket Photos | Football Photos | Bafana Bafana Photos | South Africa History | Photo Art | South Africa Pictures

Grandstand South African photos, 2010 world cup images, Rugby photos, Cricket photos and Bafana Bafana photos.

Home | Contact Us | About Us | Media Services | News | Gallery | Players | International | Stadia | News Envents | South Africa | Gallery | General | SA Archive | Sport Archive | Privacy Policy | License Information | Site Map | Intoweb | SEO